Friday, August 10, 2018

Prose 3 Depths and Contrast

Hallo Gareth
Ek baie van jou gelees ek as n buitestaander het geen begrip wat jou ervarings met die jare was en nogsteeds huidiglik
Ek hierdie geskryf gebaseer op Psalm 130 vers 1tot 6

Uit die dieptes

die dieptes is iets
wat ek baie goed ken
die leegte

wat 'n mens se diel
en gees binnesluip
jou vrede en vreugde verdryf

soms is dit net te
pynlik of deur die venster
van my hart te kyk

want die lewe is nie maklik
"dieptes " is eintlik te ligte woord
aan dié ervaring van leegheid

hoe beskryf mens iets. ..
wat jou siel opvreet
maar nie 'n gestalte

die niks wat
alles in beslag neem
juis omdat daar nie woorde is

wat my diepste
versugtinge
verwoord nie

tog vind ek
troos uit U
Woord Here

want hierdie
" uit die dieptes "
ervaring wat ek

so goed ken
hoef my nie van U
Here vervreem nie

Opgedra aan Gareth Rutherford ek bid saam met jou vir 'n nuwe seisoen in jou lewe binnekort

Ivana de Graaf
Kopiereg voorbehou
05-08-2018

No comments:

Post a Comment